helenevt

helenevt

6p

4 comments posted · 1 followers · following 0

14 years ago @ Johan Swarts se bl0g - Ek het 'n kousband gek... · 1 reply · +1 points

hmmm, wat ek probeer sê is dat jou kritiek (na my mening) net geldig is as mense rasioneel is; en alleenlik rasioneel.
Ek sou reken mense is ook ander dinge as net rasionele wesens, en daarom is daar ook ruimte vir ander dinge as rasionaliteit. En daarom, dink ek, kan ons ook nie alles oplos, regmaak, verstaan, beheer, geniet (wat nog?) deur rasionaliteit alleen nie.
Dus, ek beskou nie irrasionaliteit as 'n rede wat geldig genoeg is in alle omstandighede om kritiek op te baseer nie. Meer rasionaliteit is nie die antwoord vir alles nie.

14 years ago @ Johan Swarts se bl0g - Ek het 'n kousband gek... · 0 replies · +1 points

Pret om te lees!
Ek dink wel dit veronderstel dat ons net, en eerstens, rasionele wesens is (of ten minste behoort te wees).
En indien dit nie die veronderstelling is nie, dan is die veronderstelling dalk dat alles perfek en wonderlik sou wees as ons net was.
Ek verskil.

14 years ago @ Johan Swarts se bl0g - Nag van die supermiere · 0 replies · +1 points

Ek ken hierdie wroeging, en vele alternatiewe vorme daarvan.

Wie weet, dalk is die feit dat jy nou oor die mier se lewe kan beslis te danke aan die feit dat sy voorsate 'n beslissing oor die lewe van jou voorsate gemaak het.

Hygend, die lewe is wragties nie eenvoudig nie...

14 years ago @ Johan Swarts se bl0g - Ek het die taaldebat o... · 0 replies · +1 points

Hierdie het nou amper meer vir my gedoen op hierdie Maandagoggend as my koffie.
Maar wie of wat kan nou immers kompeteer met Maandagoggendkoffie?

Nou's ek te skaam om te sê "well done!" So dus: welgedaan!